W@W Kids WRAP 39

Gehoorsaamheid en ‘n reënboog! - Jesus leer en lei ons. Ons hoef niks in ons eie krag te doen nie, maar in en deur die Heilige Gees is ons sterk genoeg om deur enige storm te kom en die ongelooflike mooi reënboog te sien wat ons het as ‘n teken van God se liefde, genade, goedheid, beloftes en seën. Mag ons soos Noag, gehoorsaam wees as ons Hemelse Vader vir ons ‘n opdrag gee. “En Noag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen” (Genesis 6:22).

W@W Kids WRAP 392021-04-12T18:35:25+02:00

W@W Kids WRAP 38

Beste vriende! - Kom ons wees dankbaar vir kosbare vriende in ons lewens. Mag ons onthou dat Jesus ons beste vriend is en dat Hy altyd daar is vir ons. So, kom ons leer by Hom hoe om ‘n betroubare en lojale vriend te wees teenoor al die maats wat Hy in ons lewens plaas. (Spreuke 17:17)

W@W Kids WRAP 382021-03-03T18:34:25+02:00

W@W Kids WRAP 37

Om te gee is lekker! - Jesus leer ons: “Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang” (Handelinge 20:35). Kom ons sien die nood van ander raak. En kom ons help die wat hulp nodig het, nie net met geld, kos of klere nie; maar met liefde, omgee en vriendelikheid. (Spreuke 31:20).

W@W Kids WRAP 372021-02-08T18:00:24+02:00

W@W Kids WRAP 36

Geseënde 2021! - Mag hierdie werklik ‘n jaar van geluk en liefde wees! Mag jy Jesus se teenwoordigheid en leiding elke dag ervaar. (Numeri 6:24-26)

W@W Kids WRAP 362021-01-04T18:21:22+02:00

W@W Kids WRAP 35

Geseënde Kersfees! - Kom ons loof en prys ons Hemelse Vader vir die grootste geskenk ooit – JESUS, ons verlosser en die Koning van ons lewens. (Jesaja 9:5)

W@W Kids WRAP 352020-12-24T09:19:16+02:00

W@W Kids WRAP 34

Die Leeu van Juda... - Kom ons koester hierdie feestyd saam as families en vriende. Dit was ‘n anderste jaar, maar kom ons wees dankbaar en kyk op na die Koning van alle konings – want Hy belowe ons: “Hy sal ons nooit alleen los of in die steek laat nie; Hy is ons voorsiener en beskermer; Hy is die groot EK IS; die sterke Leeu van Juda!” (Rigters 14:14)

W@W Kids WRAP 342020-12-02T20:07:25+02:00

W@W Kids WRAP 33

God is amazing! - Ons God is so groot, so sterk en so magtig, daar is absoluut niks wat ons God nie kan doen. So kom ons vertrou op Hom, elke dag en in alles! (Psalm 68:33)

W@W Kids WRAP 332020-11-02T19:14:19+02:00

W@W Kids WRAP 32

Goedheid en liefde... - Mag ons ander lief hê soos wat Jesus ons lief het. Mag ons hulle bemoedig en hoop gee. Mag ons vinnig vergewe en help waar ons kan. Mag ons Jesus se lig van hoop en lewe uitstraal orals waar ons gaan. (Efesiërs 4:32)

W@W Kids WRAP 322020-10-12T18:58:11+02:00

W@W Kids WRAP 31

Liewe Jesus se uitnodiging... - Kom ons raak stil en weet dat Jesus ons uitnooi om na Hom toe te kom met ALLES (elke aspek) van ons lewens. Dis amper soos om op Sy skoot te sit en vir Hom alles te vertel wat vir ons lekker en sleg is! Hy is ALTYD by ons. So kom ons luister mooi, na alles wat Hy ons leer en volg Sy leiding, elke sekonde van elke dag! (Matteus 19:14)

W@W Kids WRAP 312020-09-01T19:15:18+02:00
Go to Top