Goedheid en liefde…
Lees:
Efesiërs 4:32 (DB): “Behandel mekaar mooi en goed. Laat dit vir ander lekker wees om by julle te wees. Sien mekaar se foute oor net soos God julle foute oorgesien het omdat julle Jesus s’n is.”
Doen:
Ons skrifgedeelte laat my dink aan mamma se raad: “John-Michael, moenie aan iemand anders doen wat jy nie graag vir jouself sou wou gehad het nie”.
So kom ons onthou hierdie maand:
Om goedheid en liefde aan ander te bewys. Liewe Jesus plaas sekere mense gedurende sekere seisoene in ons lewens. Deur na Sy voorbeeld te kyk en te leer uit die Bybel, kan ons ‘n verskil in ander se lewens maak. So kom ons besluit vandag om:
– Jesus liefde aan almal om ons te betoon;
– Om hulle te bemoedig as hulle dalk deur moeilikheid gaan;
– Om vinnig jammer te sê en te vergewe;
– Om te help waar ons kan; en
– Om Jesus se lig van hoop en lewe te skyn orals waar ons gaan.
Mag ons elke dag, die beste maak van elke sekonde wat ons hier op aarde het en mag ons, ons Hemelse Vader verheerlik in alles wat ons dink, doen en sê.
Bid:
Jesus, dankie dat U so amazing is. Dankie vir elke persoon wat U in ons lewens plaas. Help ons om asseblief lief te wees vir hulle, soos wat U ons lief het. Om vinnig te vergewe, te help as iemand hulp nodig het, en U lig uit te straal. Dankie Heilige Gees, dat U ons lei en leer.
Amen.
Leave A Comment
You must be logged in to post a comment.