Om te gee is lekker!

Lees:

Spreuke 31:20 (AFR83): “Sy het ‘n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges”.

Doen:

Hierdie Bybelversie het my laat dink aan hoe vrygewig ek werklik is. Is gee vir my lekker? En nie net as dit kom by ons tiende aan die kerk, of kos en klere vir behoeftiges nie… Gebruik ons dit wat ons van ons Vader God ontvang om ander te seën?

So kom ons onthou hierdie maand:

Om vir Liewe Jesus dankie te sê vir alles wat ons het (die groot en die klein goedjies in ons lewens);
Om die nood van ander raak te sien; en
Om dan ons hand oop te maak en met ‘n gelukkige hart te gee – wat ook al die behoefte mag wees. Dit is dalk net ‘n glimlag aan die kassier by die winkel, of ‘n vriendelike groet aan ‘n maatjie wat bietjie af is, of ‘n briefie aan ‘n ouma wat alleen is…

Kom ons wees daar vir mekaar!

Bid:

Liewe Jesus, dankie dat ons by U kan leer dat: “Om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang”. Dankie dat U ‘n vrygewige God is. Alles wat ons het behoort aan U. Help ons om ons medemens in nood te help, nie net met geld nie, maar met liefde, omgee en vriendelikheid. Ons het U baie lief.
Amen.

Subscribe to our Podcast Channel