Liewe Jesus se uitnodiging…
Lees:
Matteus 19:14 (NLV): “Maar Jesus se reaksie was: Laat staan die kindertjies. Moenie hulle keer om na My toe te kom nie, want God se koninkryk is juis bedoel vir almal wat soos hulle is.”
Doen:
Voel jy soms alleen? Of het jy dalk vrae en weet nie waar jy die regte antwoord sal kry nie? Ek het al baie gedink… sou dit nie wonderlik wees as ek na Jesus toe kan hardloop, op Sy skoot kan sit en met Hom gesels oor als waaroor ek wonder nie… En toe herinner mamma my… Jesus is by jou – ALTYD! Dis dalk nie fisies moontlik nie, maar jy kan stil raak in Jesus se teenwoordigheid… amper net soos om op Sy skoot te sit.
So kom ons onthou hierdie maand:
Daar is krag in gebed. Jy kan enige tyd (elke sekonde van elke dag) met Jesus praat. As jy Sy kind is, is Hy ALTYD by jou. Net soos wat jy met jou aardse Pappa of Mamma sal praat oor wat jou bekommer, kan jy met Jesus daaroor praat.
Liewe Jesus het ALTYD tyd. Niks is vir Hom te groot of onmoontlik nie. Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie, want Hy het jou ontsettend lief!
So, kom ons raak stil en weet dat Jesus ons uitnooi om na Hom toe te kom met ALLES (elke liewe aspek) van ons lewens. Dis amper soos om op Sy skoot te sit en vir Hom alles te vertel wat vir ons lekker en sleg is! WOW, hoe ‘amazing’ is dit!
Bid:
Liewe Jesus, dankie dat U so lief is vir ons kindertjies, dat U ALTYD daar is en ALTYD na ons luister as ons met U praat. Dankie dat U ons uitnooi om na U toe te kom met ALLES in ons lewens – die lekker en sleg. Help ons om stil te raak in U teenwoordigheid, sodat U ons kan lei en leer. In U almagtige naam bid ons dit.
Amen.
Leave A Comment
You must be logged in to post a comment.