W@W Kids WRAP 51A

Liefde – As die Heilige Gees in ons harte kom woon, dra ons Sy vrugte – die Vrug van die Gees. Die eerste van hierdie vrugte is liefde. Ons moet liefde uitleef! God se liefde vir ons is so groot dat Hy Sy seun, Jesus gestuur het om vir ons te sterf. Hy wil ook hê dat ons, ons naaste moet liefhê soos wat Hy ons liefhet. Soms is dit moeilik, maar daarom het ons die Heilige Gees wat ons help! “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ‘n wet nie.” (Galasiërs 5:22-23)

W@W Kids WRAP 51A2022-10-07T18:28:25+02:00

W@W Kids WRAP 41A

Liefde en Goedhartigheid... - Kom ons bid en vra vir Liewe Jesus om ons te help in alles wat ons doen, dink en sê. Om Hom te vertrou in alles en om ons te leer hoe om Sy liefde, genade, nederigheid, vrede en goedheid uit te leef teenoor ander. (1 Korintiërs 13:4-5)

W@W Kids WRAP 41A2021-07-05T18:43:59+02:00

W@W Kids WRAP 20

Op ons knieë... - Wat is ons eerste reaksie as alles nie gaan soos ons hoop of gedink het nie? Wat is jou eerste reaksie in nood? Kom ons onthou: Ons Hemelse Vader is goed en aan Sy liefde is daar geen einde nie. Hy hoor as ons bid! Hy wil die beste vir jou hê, Hy is getrou en het jou meer lief as wat jy ooit sal kan besef.

W@W Kids WRAP 202019-11-01T19:12:34+02:00

W@W Kids WRAP 19

Wie kies jy? - Wat beteken dit om ‘n gelukkige familie te wees? Liefde, aanvaarding, kommunikasie, en om lekker dinge saam te doen is belangrik om ons verhoudings te bou en ons families te versterk. Maar bo dit alles, is ons grootste prioriteit om God eerste te plaas in ons familie – om die keuse te maak, om Hom bo alles te dien en te verheerlik.

W@W Kids WRAP 192019-10-01T18:36:14+02:00

W@W Kids WRAP 16

Ons loof U almagtige naam! - Genesis 1:31 (OV): “Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed...”

W@W Kids WRAP 162019-07-01T18:20:46+02:00

W@W Kids WRAP 15

Die belangrikste is: LIEFDE! - 1 Korintiërs 13:13 (NV): “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!”

W@W Kids WRAP 152019-06-03T15:51:22+02:00

W@W Kids WRAP 12

Om geduldig te wees... - Efesiërs 4:2 (NV): “Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde”.

W@W Kids WRAP 122019-03-04T19:09:47+02:00
Go to Top