Liefde en Goedhartigheid…

Lees:

1 Korintiërs 13:4-5 (NLV): “Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie. Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie”.

Doen:

So, kom ons onthou hierdie maand:

Al beleef ons ‘n slegte dag, om nog steeds vriendelik en geduldig met almal rondom ons te wees.
Al is ons moeg teen die einde van die dag, om steeds respek te betoon teenoor ons ouers, gesin en vriende – om op te tree en ander te behandel soos wat Jesus sou.
Al voel ons dalk dat iemand verkeerdelik teenoor ons opgetree het, om hulle onmiddellik te vergewe en die beste uit die situasie te sien en leer.

Kom ons bid en vra vir Liewe Jesus om ons te help in alles wat ons doen, dink en sê. Om Hom te vertrou in alles en om ons te leer hoe om Sy liefde, genade, nederigheid, vrede en goedheid uit te leef teenoor ander.

Bid:

Liewe Jesus, dankie dat ons U kan vra om ons medemens lief te hê, soos wat U ons lief het. Help ons om vriendelik, nederig, vergewensgesind en geduldig te wees teenoor ander.
Amen.

Subscribe to our Podcast Channel