W@W Kids WRAP 31

Liewe Jesus se uitnodiging... - Kom ons raak stil en weet dat Jesus ons uitnooi om na Hom toe te kom met ALLES (elke aspek) van ons lewens. Dis amper soos om op Sy skoot te sit en vir Hom alles te vertel wat vir ons lekker en sleg is! Hy is ALTYD by ons. So kom ons luister mooi, na alles wat Hy ons leer en volg Sy leiding, elke sekonde van elke dag! (Matteus 19:14)

W@W Kids WRAP 312020-09-01T19:15:18+02:00

W@W Kids WRAP 30

Behou die goeie! - Kom ons ondersoek ons harte hierdie maand. Vra jouself die volgende 4 vrae: 1) Wat was/is vir jou die slegte gedurende ‘lockdown’? 2) Wat was/is vir jou die lekkerste gedurende ‘lockdown’? 3) Wat sal jy graag wil vergeet van hierdie tyd? 4) Wat sal jy graag wil hê moet ons as ‘n gesin behou na COVID – wanneer ons weer in ons ‘nuwe normaal’ leef? Kom ons leer uit ons antwoorde en besluit om die goeie uit hierdie seisoen te behou. Kom ons vra Jesus om ons te help. Hy is aan ons kant! (Filippense 4:6)

W@W Kids WRAP 302020-08-04T17:57:16+02:00

W@W Kids WRAP 29

Jesus is on HOOP! - Ons is soos lammetjies. Jesus is ons Skaapwagter. Hy wil die beste vir ons hê, ons beskerm, en help in alles wat ons doen. Maar ongelukkig is daar klein jakkalsies orals rondom ons wat ons in ‘n strik wil vang om onwaarhede te glo oor ons Hemelse Vader, oor onsself en oor ons situasie. Maar ons het HOOP: Jesus is vir ons! (Matteus 7:15-16)

W@W Kids WRAP 292020-07-06T19:27:58+02:00

W@W Kids WRAP 15

Die belangrikste is: LIEFDE! - 1 Korintiërs 13:13 (NV): “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!”

W@W Kids WRAP 152019-06-03T15:51:22+02:00
Go to Top