Loading...

W@W Kids WRAP 15

Die belangrikste is: LIEFDE!

Lees:

1 Korintiërs 13:13 (NV): “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!”

Doen:

Onthou hierdie maand:

As ons lief is vir iemand, wil ons mos graag tyd saam met hulle spandeer. As ons regtig besef en beleef hoe lief ons Hemelse Vader ons het, sal ons tyd saam met Hom wil spandeer…
Dit beteken:
Ons sal Hom eerste stel in alles;
Ons sal ons Bybels (Sy Woord) gereeld lees; en
Ons sal voortdurend bid en Hom loof en prys!

Dieselfde is waar oor ons familie en maatjies. As ons lief is vir hulle, sal ons daarvan hou om by hulle te wees. Kom ons wys dieselfde tipe liefde wat Jesus elke dag vir ons gee, teenoor ons naaste.
Kom ons help hulle, wees geduldig met hulle, gee om vir hulle – en bowenal bewys Jesus-liefde teenoor hulle.

Vir wie gaan jy vandag sê dat jy lief is vir hulle en daarvan hou om tyd saam met hulle te spandeer?

Bid:

Liewe Jesus, ons weet daar is drie dinge wat ons op koers hou: ‘n Verhouding met U; Hoop en die wete dat U die beste en mooiste plan vir ons lewens het; en Liefde! Dankie dat U ons onvoorwaardelik lief het. Help ons om vir ander lief te wees soos wat U ons lief het.
Amen.

Subscribe to our Podcast Channel

2019-06-03T15:51:22+00:00

Leave A Comment