Die Vrug van die Gees: Vreugde

Lees:

Galasiërs 5:22-23 (NLV): “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ‘n wet nie.”

Doen:

Hierdie maand leer ons van die volgende Vrug van die Gees – VREUGDE!

Vreugde is meer as om net gelukkig te voel!
Daar is ‘n groot verskil tussen gelukkig voel en vreugde hê.

Kom ons kyk eerstens na wat dit beteken om GELUKKIG TE VOEL:
Om gelukkig te wees is tydelik en dit verander deur die dag, afhangende van hoe ons dinge ervaar, hoe ons voel en hoe ander mense ons behandel. In hierdie lewe sal ons moeilike dae hê, maar onthou dat ons sal sukkel as ons afhanklik is van geluk om ons deur daardie dae te kry! Kom ons fokus eerder op Jesus en vertrou op Hom!

Nehemia 8:10 sê: “Die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees!”

Tweedens, wat beteken dit om VREUGDE TE HÊ?
Om vol vreugde te wees is deel van wie ons is, en dit is ‘n geskenk wat God diep in ons harte gesit het! Vreugde beteken dat ons kies om al ons hoop op God se beloftes te sit! Dit beteken om Hom te vertrou om vir ons om te gee en in ons daaglikse behoeftes te voorsien. Wanneer ons weet dat ons toekoms in Sy hande is, kan ons vol vreugde wees al beleef ons moeilike omstandighede, want God is ons Goeie Herder en Hy het ons lief!

Bid:

Vader God, baie dankie vir die geskenk van vreugde en dat ons daarop kan staatmaak, maak nie saak wat ons in ons dag beleef nie. Help ons om te groei om U met ons toekoms te vertrou, sodat ons altyd gevul kan word met U vreugde wat ons versterk! Dankie vir U Woord wat ons herinner dat U ons vrylik VREUGDE sal gee, maak nie saak wat nie.
In Jesus se Naam, Amen.

Subscribe to our Podcast Channel