God se wapenrusting: Die Skoene van die Goeie Nuus van Vrede…
Lees:
Efesiërs 6:14 (NLV): “Staan dus vas deur waarheid as ’n gordel om julle heupe te dra en trek God se vryspraak as borsharnas aan. Trek die bereidheid om die Goeie Nuus van vrede te verkondig, aan soos skoene aan julle voete.”
Doen:
Hierdie maand, as deel van God se wapenrusting, kyk ons hoe om SKOENE VAN DIE GOEIE NUUS VAN VREDE aan te trek.
In Jesaja 9:6 leer ons dat Jesus ons Vredevors is en omdat Jesus ons vriend is, wil Hy ons help om elke dag in God se volmaakte vrede te wandel. Hier is ‘n paar hulpmiddels om ons in staat te stel om met skoene van vrede deur die lewe te loop:
Bid – Kom ons vra Jesus om vir ons Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan te gee, soos wat ons in geloof wandel en ons oë gevestig hou op Hom.
Deel – Wanneer ons die Woord van God (die evangelie van Vrede) lees, vul dit ons met God se Waarheid. Dit maak ons gereed om uit te gaan en die Goeie Nuus met almal te deel.
Verdedig – Net soos ‘n soldaat, help ons skoene van vrede ons om vas te staan in die waarheid en reg te lewe volgens God se Woord.
Dien – Wanneer ons, ons skoene van vrede aantrek, word ons voete voorberei om te loop en God se kinders met liefde en vriendelikheid te dien.
Vlug – Ons Vrede-skoene, gee ons die vermoë om vinnig weg te hardloop van versoeking, sonde of enigiets wat ons daarvan kan weerhou om in ‘n persoonlike verhouding met ons liefdevolle Hemelse Vader te staan.
So, laat ons dus elke dag gereed wees om in die evangelie van vrede te wandel – gereed om vir almal te vertel van die hoop wat ons in Jesus het en deur die loop van ons lewe God te verheerlik.
Bid:
Vader God, dankie vir skoene van vrede. Soos wat ons deur die lewe loop, mag dit U verheerlik. Help ons om ander te dien met hoop, vrede, liefde en vriendelikheid. Weerhou ons van enige sonde. Oorlaai ons harte met U vrede. In die naam van Jesus – ons Prins van Vrede bid ons dit.
Amen.
Leave A Comment
You must be logged in to post a comment.