Jesus se perspektief…
Lees:
Handelinge 1:9 (NLV): “Hy (Jesus) het dit gesê, en is toe in die hemelruim opgeneem terwyl hulle toekyk. Hy het in ’n wolk verdwyn”.
Doen:
So kom ons onthou hierdie maand:
Jesus is lewend, Hy sit aan die regterhand van ons Vader God en Hy is besig om elkeen van ons se plekkies voor te berei vir wanneer ons na Hom toe gaan in die Hemel.
Hy kyk na ons, elke minuut van elke dag. Hy weet wat ons dink en doen. Hy gee om vir ons en sorg vir ons.
Kom ons kyk na ander en ons huidige situasie uit Jesus se perspektief – die groter prentjie. Kom ons raak nie vasgevang in die hier en nou nie, maar hê ‘n uitkyktoring uitsig oor ons lewens.
Bid:
Liewe Jesus, ons vertrou dat U in beheer is van ons lewens. Dankie dat U oor ons waghou en waak. Dankie dat U alles van ons weet. Help ons, om vanuit U perspektief na die wêreld om ons te kyk. Lei en leer ons elke dag. Mag ons die groter prentjie van U liefde en genade verstaan.
Amen.
Leave A Comment
You must be logged in to post a comment.