God is liefde…

Lees:

1 Johannes 4:7-8 (NV): “Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde”.

Doen:

Kom ons onthou hierdie maand:
Dit is die heel belangrikste om ons Vader God eerste te stel en met ons hele hart, siel en verstand lief te hê (Matteus 22:37-39). Ons kan net begryp hoe om werklik lief te hê as ons verstaan hoe lief die Here ons het.
En kom ons bewys dan hierdie selfde tipe liefde, wat ons in oorvloed ontvang, teenoor ander. Dit beteken om Jesus-liefde en goedheid aan ons familie, vriende en ook vreemdelinge te betoon. Dit is hoe ons in God se wil lewe en harte vir die koninkryk wen.

Bid:

Liewe Jesus, dit is so “amazing” dat ons kan sê LIEWE JESUS – want dit is presies Wie U is – LIEFDE! Help ons om U oorvloedige, nimmer-eindigende, getroue liefde aan ander te openbaar. Ons loof U.
Amen.

Subscribe to our Podcast Channel