Vertrou op Jesus…
Lees:
Spreuke 3:5-6(NLV): “Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys”.
Doen:
Daar waar ons met ‘n nuwe skool kwartaal begin, kom ons onthou hierdie maand:
Jesus is ons bron van krag en sterkte. Soms voel skool na harde werk, daar is klomp nuwe uitdagings en baie om te leer. Maar Jesus sê dat ons alles wat ons moet doen, alles waarmee ons dalk mag sukkel, alles waaraan ons dink na Hom toe kan bring. Ons hoef dit nie in ons eie krag of gebaseer op ons eie insig te doen nie – Hy is ons bron van krag en sterkte.
Jesus sal ons altyd help as ons Hom lief het bo alles, Hom eerste stel in alles en na Sy wil en raad vra. As ons Hom vra, sal Hy vir ons wys hoe om hierdie die lekkerste en beste kwartaal nog te maak!
Bid:
Liewe Jesus, ons glo in U en vertrou U met ons hele hart. Dankie dat U ons sterk en slim maak. Dankie dat ons kan uitsien na ‘n nuwe kwartaal van leer, lag en groei.
Rig ons denke, vat ons by die hand en lei ons elke dag op die pad wat U vir ons voorberei het.
Dankie dat U altyd daar is om ons te help.
Amen.
Leave A Comment
You must be logged in to post a comment.