Om geduldig te wees…

Lees:

Efesiërs 4:2(NV): “Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde”.

Doen:

Kom ons onthou hierdie maand:

Geduld beteken rus, vrede, goedhartigheid, mooipraat van ander, volkome vertroue en geloof in Jesus, vriendelikheid, hoop in die beste en ‘n goeie karakter.

Kom ons leef so dat ons Vader God kan trots wees op ons!
Kom ons werk hard om nie voor op die wa te wees nie, maar om ander mense met respek en geduld te hanteer sodat dit vir hulle lekker is om by ons te wees.
As iemand jou kwaad maak of irriteer – tel tot 10… Beheer jouself en dink hoe Jesus in die situasie sou optree.
Kom ons kweek liefde en vrede, goedhartigheid, geluk en vriendelikheid orals waar ons gaan!

Bid:

Liewe Jesus, dankie dat U vir ons die perfekte voorbeeld van geduldigheid, goedhartigheid, sagmoedigheid, beskeidenheid en vriendelikheid stel.
Mag liefde ons help om altyd geduldig en goedgesind teenoor ander te wees!
Help ons om ander altyd eerste te stel sodat U verheerlik kan word daardeur!
Gee vir ons vandag, al die geduld, liefde, goedheid en vriendelikheid wat ons nodig het!
In U heilige naam bid ons dit.
Amen.

Subscribe to our Podcast Channel