Jesus weet alles…
Lees:
Matteus 6:8 (NLV): “…julle Vader weet presies wat julle behoeftes is, selfs nog voordat julle Hom vra!”
Doen:
Onthou hierdie maand:
Jesus is elke sekonde van elke dag by ons:
– Hy ken ons deur-en-deur!
– Hy sien alles.
Daarom weet Hy wat ons nodig het en sal Hy voorsien in dit wat ons vra volgens Sy wil.
Bid:
Jesus, dankie dat U alles sien en alles weet.
Dankie dat U weet wat ons nodig het, selfs voordat ons U vra.
Dankie dat U ons voorsiener is en dat ons op U kan vertrou vir hulp.
Amen.
Leave A Comment
You must be logged in to post a comment.