Die Bybel is ons “GPS”
Lees:
Psalm 119:105: “U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad..”
Doen:
Onthou hierdie maand:
Die Bybel is nie net nog ‘n boek vol stories nie – die Bybel is ons Vader God se Woord aan ons (dit is hoe Hy met ons praat).
Die Bybel help ons en leer ons hoe om reg te lewe.
Die Bybel is soos ons GPS, wat vir ons sê waar om te loop en hoe om op te tree.
God se Woord is die enigste waarheid.
Kom ons lees God se Woord (die Bybel) elke dag, kom ons onthou versies uit die Bybel en kom ons begin om dit was Jesus vir ons leer en wys in die Bybel uit te leef, orals waar ons gaan.
Bid:
Liewe Jesus, dankie dat U goed is vir ons.
Leer ons om die Woord te gehoorsaam.
Wys ons hoe om reg te lewe.
Die Bybel is ‘n lig in die donker en ‘n GPS in ons lewens.
Ons loof en prys U!
Amen.
Leave A Comment
You must be logged in to post a comment.