‘n Tweede Kans
Lees:
Jeremia 1:5 (ABA): “Ek het jou gekies voordat Ek jou gemaak het. Ek het jou gewy aan My voordat jy gebore is, Ek het jou aangestel om ‘n profeet vir die volke te wees”.
Doen:
Ons Vader God is so goed! Hy is altyd daar om ons te help en te lei! Sy goedheid is meer as wat ons ooit kan besef. Hy het ‘n baie spesifieke doel en plan vir elkeen van ons lewens…
Hier is my vriend, Erich, om sy getuienis met ons te deel:
“Tydens ‘n rugby wedstryd het ek ‘n besering teen my bors opgedoen. Dit het gevoel asof ek droom en verskillende beelde het verby my geflits. Later het ek weer begin sin maak van wat om my aan die gang is… Ek is vandag so ontsettend dankbaar vir ‘n tweede kans. Die Here het die regte persone oor my pad gestuur om my te help en my lewe te red. Dit was ‘n rare ondervinding – ‘n wonderwerk van ons Vader God. Die Here is goed!”
Wow, hoe wonderlik om te dink dat ons ‘n Vader God van tweede kanse dien.
Mag ons vandag, Jesaja 29:11 onthou: “Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê”.
Bid:
Liewe Jesus, dankie dat U ‘n spesifieke doel en plan vir elkeen van ons op aarde het. Dankie dat ons weet, dat U altyd met ons is en dat ons hoop in U is! Dankie dat U in beheer van ons lewens is. Dankie vir U goedheid en vir tweede kanse. Ons het U baie lief. Amen.
Leave A Comment
You must be logged in to post a comment.