W@W Kids WRAP 52A

Vreugde – Vreugde is meer as net om gelukkig te voel, dit is 'n geskenk van God wat deel vorm van wie ons is. VREUGDE beteken dat ons, ons hoop op God se beloftes en Sy getrouheid plaas, maak nie saak wat ons deurgaan nie. Hy is ons Goeie Herder, en Sy liefde vir ons bring VREUGDE in ons lewens! "Maar die vrug wat die Gees voortbring, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ‘n wet nie." (Galasiërs 5:22-23)

W@W Kids WRAP 52A2022-12-09T18:28:33+02:00

W@W Kids WRAP 51A

Liefde – As die Heilige Gees in ons harte kom woon, dra ons Sy vrugte – die Vrug van die Gees. Die eerste van hierdie vrugte is liefde. Ons moet liefde uitleef! God se liefde vir ons is so groot dat Hy Sy seun, Jesus gestuur het om vir ons te sterf. Hy wil ook hê dat ons, ons naaste moet liefhê soos wat Hy ons liefhet. Soms is dit moeilik, maar daarom het ons die Heilige Gees wat ons help! “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ‘n wet nie.” (Galasiërs 5:22-23)

W@W Kids WRAP 51A2022-10-07T18:28:25+02:00
Go to Top