W@W Kids WRAP 50A

Gebed – Die wapenrusting van God help ons om vas te staan teen die vyand. Die laaste deel van hierdie wapenrusting is gebed. Ons moet elke dag bid. Ons kan alleen of saam met ander bid, en ons kan enige plek en enige tyd bid. Gebed is 'n kragtige geskenk van God, so laat ons bid sonder ophou terwyl ons God vertrou om ons gebede te verhoor. “Doen alles deur gebed en smeking. Laat die Gees julle elke keer in die gebed lei. Bly in alle omstandighede op julle hoede en bid vir almal wat aan God behoort.” (Efesiërs 6:18)

W@W Kids WRAP 50A2022-08-15T18:29:47+02:00

W@W Kids WRAP 49A

Die Swaard van die Gees – Die swaard van die Gees is die Woord van God. Dit is 'n kragtige wapen, want dit help ons om te veg teen versoekings en om vas te staan teen die leuens van die vyand. God se Woord is die enigste waarheid waarop ons kan staatmaak, en hierdie WAARHEID sal ons vrymaak en ons help om volgens Sy wil te lewe. “En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God...” (Efesiërs 6:17)

W@W Kids WRAP 49A2022-07-14T19:28:44+02:00
Go to Top