Jesus sorg vir ons…

Lees:

Lukas 12:6-7 (NLV): “Wat kos vyf mossies? ’n Paar sent? Tog vergeet God nie één van hulle nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moet dus nie bang wees nie; julle is vir Hom meer werd as ’n hele swerm mossies”.

Doen:

So kom ons onthou hierdie maand:
As jy dalk bietjie “worry” of bang voel oor hierdie onsekere tyd en die invloed wat die virus op ons, ons skole, en ons gesinne het… onthou dat ons Hemelse Vader sê: Hy vergeet nie eers van een mossie nie (en hulle is maar net ‘n paar sent werd). Hy is lief vir elkeen van hulle, en voorsien veilige slaapplek en genoeg kos, elke dag, sodat hulle vrolik kan tjirp en speel.
Weet jy dat Jesus jou meer lief het en dat jy meer werd is vir Hom as ‘n mossie? Jy is van kop tot tone vir Hom belangrik. Hy weet tot hoeveel hare jy op jou kop het! Hy gee om. Hy belowe dat Hy by jou is. Hy sal vir jou sorg!

Bid:

Liewe Jesus, dankie dat U altyd by ons is en weet wat ons nodig het. Sorg asseblief vir ons, ons families en maatjies, veral gedurende hierdie tyd. Dankie dat ons nie hoef bang te wees, of die dag van môre hoef te vrees nie – maar dat ons vrolike, hoopvolle harte kan hê wat weet dat U ons oneindig lief het.
Amen.

Subscribe to our Podcast Channel