W@W Kids WRAP 27

Liewe Jesus het jou ontsaglik lief. Vir Hom is jy baie meer werd as ‘n swerm mossies of al die skatte van hierdie wêreld. Jy is van kop tot tone vir Hom belangrik. Hy weet tot hoeveel hare jy op jou kop het! Hy gee om. Hy belowe dat Hy by jou is. Hy sal vir jou sorg! “Wat kos vyf mossies? ’n Paar sent? Tog vergeet God nie één van hulle nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moet dus nie bang wees nie; julle is vir Hom meer werd as ’n hele swerm mossies" (Lukas 12:6-7).