Die krag van ons tong…

Lees:

Spreuke 18:21 (AFR53): “Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet”.

Doen:

Onthou hierdie maand:

Ons tong, al is hy klein, is so belangrik…
Het jy al gesien hoe iets leliks wat jy vir ‘n maatjie sê hulle seer kan maak? Hulle raak sommer onmiddellik hartseer of kwaad.
Of dalk het jy ‘n maatjie geprys vir iets goeds wat hulle gedoen het, of dankie gesê vir iets moois of lekkers wat hulle vir jou gedoen het? Hulle glimlag sommer onmiddellik en is gelukkig.

Ons tong het krag om lewe of dood te spreek, mooi of lelik, geluk of hartseer!
Kom ons kies om net mooi en opbouende woorde te spreek!

Onthou – waarvan die hart van vol is loop die mond van oor.

Bid:

Jesus, help my dat elke woord wat ek sê vir U mooi en goed sal wees.
Mag my tong U loof, prys en ander opbou!
Amen.

Subscribe to our Podcast Channel