W@W Kids WRAP 52A

Vreugde – Vreugde is meer as net om gelukkig te voel, dit is 'n geskenk van God wat deel vorm van wie ons is. VREUGDE beteken dat ons, ons hoop op God se beloftes en Sy getrouheid plaas, maak nie saak wat ons deurgaan nie. Hy is ons Goeie Herder, en Sy liefde vir ons bring VREUGDE in ons lewens! "Maar die vrug wat die Gees voortbring, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ‘n wet nie." (Galasiërs 5:22-23)