Die gordel van waarheid... - Mag ons vandag besluit om God se gordel van waarheid te dra! Mag ons eerlike en opregte lewens leef, sodat ons ligdraers vir ons Hemelse Vader se Koninkryk mag wees... (Efesiërs 6:14a)
Maak die beste gebruik van elke geleentheid... - Mag ons elke geleentheid aangryp om ‘n verskil te maak in die wêreld rondom ons, deur die mooi in die lewe te sien. Mag ons fokus op die geleentheid eerder as die probleem. Mag ons verstandige, positiewe, hoopvolle kinders van die Lig wees, want Jesus het reeds die oorwinning gebring. (Efesiërs 5:15-17)