W@W Kids WRAP 50A

Gebed – Die wapenrusting van God help ons om vas te staan teen die vyand. Die laaste deel van hierdie wapenrusting is gebed. Ons moet elke dag bid. Ons kan alleen of saam met ander bid, en ons kan enige plek en enige tyd bid. Gebed is 'n kragtige geskenk van God, so laat ons bid sonder ophou terwyl ons God vertrou om ons gebede te verhoor. “Doen alles deur gebed en smeking. Laat die Gees julle elke keer in die gebed lei. Bly in alle omstandighede op julle hoede en bid vir almal wat aan God behoort.” (Efesiërs 6:18)

W@W Kids WRAP 50A2022-08-15T18:29:47+02:00

W@W Kids WRAP 31

Liewe Jesus se uitnodiging... - Kom ons raak stil en weet dat Jesus ons uitnooi om na Hom toe te kom met ALLES (elke aspek) van ons lewens. Dis amper soos om op Sy skoot te sit en vir Hom alles te vertel wat vir ons lekker en sleg is! Hy is ALTYD by ons. So kom ons luister mooi, na alles wat Hy ons leer en volg Sy leiding, elke sekonde van elke dag! (Matteus 19:14)

W@W Kids WRAP 312020-09-01T19:15:18+02:00

W@W Kids WRAP 18

Jou eerste stap in alles is GEBED! - As jy nie weet wat om te doen nie (as jy hulp nodig het): 1) STOP; 2) BID; 3) LUISTER na God se wil en instruksies; 4) DINK aan ‘n Bybelversie en aan hoe Jesus sou optree; 5) ONTHOU God se liefde en genade vir jou; 6) TREE dan OP volgens God se wil!

W@W Kids WRAP 182019-09-02T17:13:03+02:00
Go to Top